Wednesday, October 29, 2008

Jacques & Chantell 25 October 2008

Toe ons Jacques en Chantell 'n jaar terug ontmoet het, was die bewondering vir mekaar duidelik sigbaar. Hul vriende en familie kan getuig dat hulle liefde vir mekaar net so duidelik sigbaar is... Wat 'n voorreg om so 'n mooi paartjie by so 'n mooi venue af te neem! "Moon & Sixpence" het die perfekte agtergrond vir 'n perfekte troue geskep!

Groot was die vreugde toe die weer van nat na sonskyn terugkeer! Die kerkie het egter vir pragtige foto's gesorg wat ons nie andersins sou neem nie.















Ons wens julle al die voorspoed en geluk toe wat julle verdien! Mag die mense om julle altyd in verwondering na julle kyk!

1 comment:

Anonymous said...

`n Wonderlike geleentheid & die moeite werd om van Mosselbaai af dié praggeleentheid by te woon. Geluk julle twee en ook aan die ouers. Ons voel geëerd om daar te kon wees. Mike & Tjokkie