Wednesday, December 14, 2011

Louwtjie&Elaine, 10Desember2011, Lekoa Lodge

Ons ken Elaine al 'n hele paar jaar, en met Louwtjie in haar lewe blom sy!  Hierdie was 'n troue wat ons nog lank gaan onthou.  Nie net is dit dierbare vriende wat die knoop deurgehaak het nie, maar het dit gevoel of dit ons kleinsus is wat hierdie groot stap met soveel gemak geneem het.

Die aand het 'n draai in die swembad gemaak met 'n "Trash the dress" skoot, dramaties en baie romanties...

Mag julle herinneringe aan hierdie dag altyd mooi en gelukkig wees, en voorspoed julle lewens saam kenmerk.  Baie, baie geluk!