Tuesday, January 24, 2012

Ihan&Rolanda, 14 Januarie 2012, Kiepersol

Ons het Rolanda op haar sussie, Sorina, en Rayno se troue ontmoet.  Op die einste dag het Ihan haar ook ontmoet, en twee jaar later kon ons weer saam troue hou!

Nie een van die twee het ooit ophou glimlag nie!  Hul Vintage tema het almal betower, die gaste het tot laatnag nog saam gekuier, en ons het 'n hele paar sprankel oomblikke tussen die twee vasgevang.

Baie, baie geluk!
































Jerry & Natania, 12 Januarie 2012

'n Troue is altyd 'n emosionele affere.  Ons is 'n emosionele fotograaf span wat gereeld op troues 'n traan wegpik.

Om egter 'n troue af te neem waar die paartjie soos familie voel omdat hulle sulke wonderlike vriende is, het meer as net 'n traan of twee tot gevolg.  Dis op troues soos die dat ons weereens besef: die lewe is kosbaar.  Dit gaan oor vriendskap, dit gaan oor mense.


Deel met ons 'n paar foto's van 'n dag wat al 8:00 op 'n Donderdag oggend begin het en vir altyd gaan aanhou.  Jerry en Taan, ons is baie lief vir julle!