Sunday, May 17, 2009

Eben & Hermien 2 May 2009

Elke troue wat ons bywoon is spesiaal. Elke troue getuig van deeglike beplanning deur twee mense wat mekaar baie lief het. Ons was so bevoorreg om deel te wees van 'n troue waar sterk familiebande en 'n pragtige omgewing die dag nog mooier as mooi gemaak het. Eben en Hermien is twee kosbare vriende, en almal wat hulle ken sal saamstem dat hul troue werklik iets besonders was.


Eben en Hermien het by dieselfde lodge aangetrek, en ons het hulle troufoto's voor die tyd geneem. Die heeltyd het die wolke laag gehang, maar ons genoeg tyd gegee om pragtige foto's te neem...




Helder geel blomme vir 'n bruid wat nooit ophou lag het nie!






Die troukar...'n donkie kar! Hoe anders? Die erediens het in die veld plaasgevind, onder die blou lug, met kerkbanke uit die natuur.

...en bedink wat Liefde doen...




Die weer het ons toegelaat om 'n laaste paar foto's van mnr. en mev. Marais te neem!

En toe moes ons skuiling soek teen die koue waterdruppels uit die hemel uit!








Hierdie foto het die naam "Dance me to the end of love..." gekry. Mag julle nooit ophou dans nie...