Monday, January 24, 2011

Frans & Annali 9 Januarie 2011 Shepstone Gardens

Toe Annali en Frans mekaar in die kerk sien, het albei se gesigte opgehelder!  So asof Iemand 'n duisend liggies net vir hulle aangeskakel het...  En vir die res van hierdie pragtige Sondag oggend het hul vriende, kinders en familie onder die bome van hierdie wonderskone venue gekuier, gelag, en honderde herinneringe geskep.   Baie, baie geluk met jul spesiale dag.  En dankie dat ons deel daarvan kon wees.   































 Die vriendelike personeel van Shepstone...

Julle is so mooi saam!  Ons hoop om mekaar gou weer te sien!

Sunday, January 2, 2011

Johan & Anzelle 18 Desember 2010 Klipriver Guest Estate

Ons het Johan en Anzelle byna 'n jaar terug die eerste maal ontmoet, en ons was gek oor hierdie borrelende paartjie!  Intussen het ons ook eerstehands die liefde, ondersteuning en vertroue tussen hulle beleef.  Dis regtig 'n "Feels like home" - verhouding die.  Baie geluk, en voorspoed met alles wat julle aanpak!