Ons het voorheen al genoem dat dit 'n voorreg is om vriende en familie te kan afneem. Hierdie twee het in die afgelope paar jaar sulke goeie vriende geword, hul kon netsowel familie gewees het!
Ronel het aangetrek by Three Rivers Lodge. Die ideale plek om 'n bruid soos 'n prinses te laat voel.
Toe Tiaan en Ronel die eerste keer by Lapa on Vaal aangekom het, was beide se reaksie: Dis waar ons wil trou! Hulle kon nie vir 'n mooier dag gevra het nie...
"An old car, a lady, and a gentleman..."
Marius de Jager van "Glorious Gowns" het Ronel se rok gemaak. Dit was waarlik 'n verlenging van haar persoonlikheid, gelaai met simboliek en detail eie aan die dag. Sy het pragtig gelyk!
"Then I saw her face... now I'm a believer...!"
Baie geluk! Ons sien uit na jare se vriendskap wat ons met julle kan deel.