Hierdie troue was ekstra spesiaal... Ons sussie het getrou! Wat 'n pragtige paartjie, wat 'n lieflike gesin, wat 'n wonderlike dag... Ons gebed en wens vir Jaco en Elize (en al die kids!) is 'n toekoms van baie vreugde, geluk en liefde. Dit was werklik 'n voorreg om so nou betrokke te kon wees.
Vir ons huweliksherdenking in September het ons by O's, in Parys, gaan eet. Min wetende dat die aand die begin van vele meer uitstappies na hierdie pragtige restaurant langs die Vaalrivier sou wees! Hulle besonderhede is te kry by www.osrestaurant.co.za
Elize het by Green Gables aangetrek, en ons het die fotosessie ook daar gedoen. Dit het regdeur die shoot gevoel of ons erens op 'n plaas in Stellenbosch is. Werklik pragtig!
Elize het by Green Gables aangetrek, en ons het die fotosessie ook daar gedoen. Dit het regdeur die shoot gevoel of ons erens op 'n plaas in Stellenbosch is. Werklik pragtig!
1 comment:
Jaco en Elize
Asemrowend!Ek en Elize het saam geswat op PUKKE en om haar so te sien bring 'n knop in my keel.Uitmuntende fotografie van n pragtige vrou![Jaco is not to bad himself...] Marinda Fenton- Dubai UAE.
Post a Comment