Saturday, December 20, 2008

Armand & Lisinta 6 Desember 2008

Armand en Lisinta se troue by Linga Longa was 'n ware sprokiesverhaal.... Van Lisinta se rok, tot by Armand se pak. Van die diens tot die onthaal. Alles het net perfek uitgewerk.....




Lisinta se rok is deur Richelles verskaf.... Woorde is eintlik nie nodig nie.... Lisinta het soos 'n prinses gelyk! Hulle besonderhede is by www.vaalwed.co.za te kry.



Dit was 'n baie warm dag maar die weer het ten minste saamgespeel na baie reen deur die week... Geniet maar hulle foto's...



Die onthaalsaal was een van die mooiste wat ons ooit gesien het. Maureen en die span by Linga Longa het Lisinta se kleurskema stylvol toegepas. Knap gedaan mense! En natuurlik was die kos uit die boonste rakke.... Maureen en Henko, na drie troues binne 5 weke by julle, sal ons op 'n dieet moet gaan! Linga Longa se webadres is www.infomax.co.za/lingalonga .




Van begin tot einde, 'n troue wat altyd onthou sal word. Lisinta en Armand, dit was 'n vooreg om deel te wees van julle dag.... En selfs meer van 'n vooreg om julle te ken. Ons wens julle alle voorspoed op julle paadjie saam...

2 comments:

Unknown said...

Ek wil julle net graag gelukwens met ongelooflike foto's. Julle het ons baie beindruk met jul profesionaliteit en kreatiwiteit. Sal julle defnitief kontak wanneer ons weer 'n fotograaf nodig het.

Riana van Wyk

Anonymous said...

Julle fotos is ongelooflik en ek is sommer baie hartseer julle is nie beskikbaar vir ons troue nie!

Alles vir die beste en dankie vir al die verwysings!

Ziné van der Walt